Jy benodig (genoeg vir 4)

• ½ koppie balsemiekasyn

• 2 eetlepels heuning

• ’n hand vol vars origanum, fyngekap

• ’n hand vol vars pietersielie, fyngekap

• 3 knoffelhuisies, fyngedruk

• ¼ eetlepel rooipeper

• 500 g gemengde eksotiese sampioene

• sout en swartpeper

• 125 g kersietamaties

Só maak jy

1. Week 4 houtsosatiestokkies of roosmaryntakkies vir 15 minute in water – dis om te keer dat hulle vlam vat oor die kole. Meng die asyn, heuning, origanum, pietersielie, knoffel, rooipeper en sampioene saam in ’n bak. Geur dit met sout en swartpeper en laat dit vir 15 minute staan.

2. Ryg die sampioene en tamaties op die stokkies en braai hulle vir sowat 6 minute oor matige kole tot hulle reg oraloor goudbruin en gaar is.

Weg Ry & Sleep sê: Jy kan ook gewone wit- of bruinsampioene gebruik.