Hierdie slaai is ’n heerlik  smaaklike vulsel vir wraps en toebroodjies óf jy kan dit saam met slaaiblare en roosterbrood bedien. Bêre die slaaiblare en hoendervulsel apart tot wanneer jy reg is om op te dien.  

1. Meng die mayonnaise en kerriesmeer. Geur na smaak met suurlemoensap en nog kerriesmeer, indien nodig.

2. Meng die hoender met die mayonnaisesous, dadels, seldery, rooiui en pekanneute.

3. Skep die hoenderslaai op ’n bed van slaaiblare en sit voor saam met brood.