Vir 4 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 20 minute

Jy benodig

  • 4 hoenderborsies
  • 125 ml roomkaas
  • 4 velletjies prosciutto of parmaham
  • gepekelde jalapeño-skyfies na smaak
  • sout
  • swartpeper
  • 125 ml parmesaan, fyngerasper
  • 250 ml panko-broodkrummels of gebreekte nacho-skyfies

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC.

2. Vlek die hoenderborsie oor die lengte, maar moenie dit heeltemal deursny nie.

3. Smeer ’n laag roomkaas binne en vul elke borsie met ’n velletjie ham en ’n skeppie jalapeño. Geur dit met sout en peper na smaak en vou die hoenderstukke toe.

4. Rangskik die hoender op ’n bakplaat. Meng die kaas en krummels en druk dit in ’n laag bo-op elke hoenderstuk vas. Bak vir 15-20 minute of tot gaar.