Jy benodig:

Vir die lamsboud

*1,5 kg lamsboud, ontbeen en oopgevlek
*¼ koppie olyfolie
*¼ koppie suurlemoensap
*1 teelepel droë roosmaryn
*1 knoffelhuisie, gekneus (as jy van baie knoffel hou, kan jy meer byvoeg)
*sout en peper na smaak

Vir die jogurtsous

*2 eetlepels botter
*4 eetlepels koekmeel
*150 ml ongegeurde jogurt
*500 ml karringmelk
*1 teelepel droë pietersielie
*2 teelepels droë grasuie
*¼ teelepel sout
*¼ teelepel peper
*sout en peper na smaak

Maak so:

Vir die lamsboud: Meng die olyfolie, suurlemoensap, roosmaryn en knoffel saam in ’n plastiekbak met ’n deksel. Plaas die skaapboud in die plastiekbak, maak toe en marineer oornag in die kampyskas. Plaas die vleis op ’n rooster en braai dit 1½ tot 2 uur lank oor lae hitte of tot dit gaar genoeg volgens jou smaak is. Laat die vleis vir 10 minute rus voordat jy dit in skywe sny. Sprinkel sout en peper oor en sit voor met die jogurtsous.

Vir die jogurtsous: Smelt die botter oor lae hitte in ’n kastrol en voeg die meel by. Roer dit vinnig totdat daar nie meer klonte is nie. Voeg die res van die bestanddele by. Laat dit 1 tot 2 minute lank saggies prut (die jogurt sal skif as daar te veel hitte is).

Wenk: As jy te lank in die bos gaan wees om vars karringmelk saam te neem, vervang dit met 1 koppie langleweroom en 1 koppie langlewemelk.