Dié slaai is ook lekker (en steeds gesond) as jy tuna bymeng.

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 koppie bruinrys
  • 4 koppies hoenderaftreksel
  • 2 murgpampoentjies, in dik wieletjies gesny
  • 250 g kersietamaties
  • 1 geel of rooi soetrissie, in dik repe gesny
  • ’n hand vol vars basilieblare, gekap 
  • 2 eetlepels balsemiekasyn
  • 2 teelepels Dijon-mosterd
  • ’n hand vol vars pietersielie
  • ¼ koppie olyfolie

Só maak jy


1. Verhit 1 eetlepel olyfolie oor matige hitte in ’n kastrol en braai die ui en knoffel vir 5 minute tot sag. Voeg nou die rys en hoenderaftreksel by en verhit dit tot kookpunt. Draai nou die hitte later en laat dit vir 30-35 minute prut tot die rys gaar is. Hou dit eenkant.

2. Meng die res van die olyfolie deur die murgpampoentjie, kersietamaties en soetrissie. Geur die mengsel met sout en swartpeper en braai dan die groente vir 5 minute aan elke kant op die rooster.

3. Meng die rys, gebraaide groente en basilieblare in ’n groot mengbak saam. Klits die asyn, mosterd, pietersielie en die ¼ koppie olyfolie saam en meng dié slaaisous deur die rys en groente.