Klassieke staatmaker

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 5 eetlepels botter, plus ekstra
  • 2 eetlepels meel
  • ¾ koppie melk
  • 1 teelepel dijonmosterd
  • 1 eiergeel
  • 8 snye brood
  • 4 snye ham
  • 1 koppie gerasperde gruyèrekaas

Só maak jy

1 Smelt die botter in ’n potjie en roer die meel daarby tot gemeng. Klits dan die melk bietjies-bietjies daarby in tot dit ’n gladde sous vorm, en prut dit vir 3 minute.

2 Haal die sous van die plaat af en klits die mosterd en eiergeel daarby in.

3 Verdeel die sous, ham en kaas tussen vier snye brood en sit die oorblywende skywe bo-op.

4 Smelt ekstra botter in ’n pan en braai die toebroodjies daarin tot bros en goudbruin aan albei kante.

Weg Ry & Sleep sê As jy wil tyd spaar, kan jy klaargemaakte witsous koop en dit met ’n eier verdik.