Vis vir die fynproewer

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 125 g botter, gesmelt
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • 2 eetlepels suurlemoensap
  • 1 eetlepel vinkelsaad, liggies gerooster en fyngestamp
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 heel vinkelbol, in dun skyfies gesny – kap die blaartjies fyn
  • 1,5 kg forel (1 groot vis of 4 kleintjies)
  • 2 lemoene, met skil en al in dun skywe gesny
  • sout en swartpeper

Só maak jy

1. Roer die botter, suurlemoenskil en -sap, vinkelsaad, knoffel en gekapte vinkelblaartjies saam.

2. Gebruik ’n skerp mes en sny vlak kepe in die vis waarin jy die vinkelbol- en lemoenskyfies kan druk. Geur die vis na smaak met sout en swartpeper.

3. Sit die vis in ’n rooster (of bind dit met tou vas) en braai dit vir 7-8 minute aan elke kant terwyl jy dit deurentyd met die bottermengsel verf. Sit dit voor met vars brood.

Weg Ry & Sleep sê
Jy kan enige ander vis ook só geur en braai