Die heel heel beste aartappels in die skil ooit! Baie min moeite, wees net geduldig dit is die wag werd.

1. Kies die houer wat jy gaan gebruik – dit bepaal hoeveel aartappels jy gaan gebruik – waarskynlik ’n foeliebak of ’n klein platboomswartpot. Die aartappels moet styf teen mekaar in ’n enkellaag inpas.

2. Was die aartappels goed en prik elkeen ’n paar keer met ’n vurk. Draai hulle dan styf in foelie toe en plaas die aartappels direk op kole. Draai die aartappels nou en dan om en bak vir sowat 45 minute of tot die binnekant van die aartappels baie sag is wanneer jy dit met ’n mes steek.

3. Haal die gaar aartappels uit die foelie (pasop, dis warm!) en pak hulle ’n enkellaag in ’n foeliebak of swartpot. Druk die aartappels liggies plat sodat hulle langs die kante oopbars en lekker knus in die bakkie pas. Skep die crème fraîche bo-op die aartappels, stip dit met die botter en mosterd en sprinkel die sout oor.

4. Plaas die deksel op die pot of bedek die bak met ’n laag foelie. Bak dit op ’n rooster vir 30 minute.