Bykos:

Knoffel-en-pestobroodDis knoffelbrood op opkikkers, en jy kan die pesto vervang met enige ander smeer soos chimichurrisous of chermoulasmeer.

Gebraaide sampioenstokkiesMaak dié bykos sommer op die kole.

• Vlakgebraaide broodDié platbrode kan ook ’n lekker voorgereg wees, veral as jy dit met knoffelbotter bedien.

Slaai

• Bros kekerertjieslaaiGee ’n gewone Griekse slaai ’n interessante kinkel met bros kekerertjies. 

• Supervinnige pastaslaaiHierdie slaai is heerlik vullend en baie maklik om te maak.

Groente-rysslaaiRys én groente – as jy dié slaai maak het jy g’n ander bykos nodig nie!

Chorizo-koolslaaiWat van ’n ongewone koolslaai met ’n rokerige geur?

Hoofgereg 

• Ribbetjie? Hoe klink beesplatrib of dalk paprika-varkrib.

• Steak is altyd ’n wenner, probeer dié resep met roosmarynsout

Hierdie resep is vir ’n hoenderbroodjie, maar jy kan die marinade op hoenderstukke ook gebruik – heerlik Meksikaans! 

Nagereg

• Moenie vergeet van iets soets nie! Maak dié potpoedingkluitjies met gemmersous. 

Hierdie karamel-en-kluitjiepoeding kan jy in die oond of oor die kole bak – benut daai vuur behoorlik!

• Kyk net dié oulike sjokoladepoedings wat jy in ’n muffinpan bak. Die middel is loperig en lékker!