Wiele-wiele-walie


Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 800 g hoenderborsies sonder  been of vel
  • 100 g salami
  • ½ koppie pikantrissies (peppadews)
  • ½ koppie ontpitte olywe
  • ¼ koppie olyfolie
  • 4 eetlepels sojasous
  • 4 eetlepels balsemiekasyn
  • 1 eetlepel heuning
  • ½ teelepel paprika
  • 1 teelepel droë Italiaanse kruie

Só maak jy

1. Sny die hoenderborsies in die lengte in lang repe van 3 cm breed. Vlek en rol dit met ’n rolstok effens platter sodat jy lang repe vleis het wat jy kan oprol.

2. Pak ’n plakkie salami, pikantrissie en 1-2 olywe op elke hoenderreep. Rol dit op en ryg dit aan ’n sosatiestokkie – jy kan 2-4 sulke wiele op elke stokkie ryg.

3. Meng die olyfolie, sojasous, balsamiekasyn, heuning, paprika en Italiaanse kruie en bedruip die sosaties met die helfte van die sous.

4. Braai die sosaties oor matige kole tot gaar. Haal dit van die kole af, pak dit in ’n opdienskottel en gooi die res van die sous oor die sosaties. Sit dit voor met ’n lekker groenslaai.

Weg Ry & Sleep sê
Jy kan ook die hoenderwiele tuis maak en dit vries. Neem dit dan met die klaargemengde sous in ’n aparte houer saam