Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 40 minute 

Jy benodig 

• 6 hoenderstukke
• 1 eetlepels gerookte paprika
• sout na smaak
• gemaalde swartpeper na smaak
• ½ koppie botter
• 4 knoffelhuisies
• 1 koppie hoenderaftreksel
• ½ koppie room
• ¼ koppie gerasperde pecorinokaas
• 1 suurlemoen se sap en gerasperde skil
• 2 teelepels gedroogde tiemie
• 3 koppies babaspinasieblare

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 200°C. Geur die hoender met die paprika, sout en swartpeper na smaak. Verhit ’n gietysterpan of -pot op die stoof (of oor die kole) en smelt 1-2 eetlepels botter daarin. Braai die hoenderstukke in sarsies daarin tot goudbruin. Skep die hoenderstukke uit en hou dit eenkant. Gooi die vet af.

2. Pak die hoender terug in die pan en voeg die res van die botter en die ander bestanddele, behalwe die spinasie, by. Bring tot kookpunt.

3. Verskuif die pan na die oond en bak die hoender vir 30-45 minute tot gaar. (Dit kan ook oor die vuur gemaak word – sit ’n deksel op en krap van van die kole uit sodat die potjie stadig prut totdat die hoender gaar is.)

4. Haal die hoender uit die oond, roer die babaspinasieblare deur, bedek en laat staan vir 10 minute (sodat die blare kan verwelk) voordat jy opskep.