Kraai van plesier

’n Wenkombinasie van appelkoos, port en heerlik sawwe hoenderdytjies...

1. Braai ’n paar hoenderstukke op ’n slag in die olie tot die vel mooi goudbruin en bros is.

2. Gooi al die hoenderstukke terug in die pot, voeg die uie daarby en soteer alles vir ongeveer 5 minute.

3. Roer die res van die bestanddele by, sit die deksel op en prut alles vir 90 minute stadig oor matige kole. Loer ná 60 minute en haal die deksel af indien die sous effens té lank is.

Weg Ry & Sleep sê

Die sous kan met 1-2 eetlepels mielieblom verdik word – los dit op in 2 eetlepels water.