Amen...

Jy benodig

(genoeg vir 4)  

  • 4 hoenderdye  
  • 4 hoenderboudjies  
  • 1 eetlepel elk gerookte paprika, fyn koljander en fyn komyn  
  • sout en swartpeper na smaak  
  • 3 eetlepels olie  
  • 1 ui, fyngekap  
  • 2 wortels, fyngekap  
  • 3 selderystingels, fyngekap  
  • 1 koppie langkorrelrys  
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties met kruie  
  • 1 teelepel sout

Só maak jy

1. Sny drie diep kepe in elke stuk hoender. Vryf dit dan met die speserye in en geur dit na smaak met sout en swartpeper.

2. Verhit die olie in ’n swartpot en braai die hoender tot dit oraloor mooi goudbruin is (minstens 10 minute).

3. Roer die groente by en soteer alles saam tot die groente glansend is (minstens nog 5 minute).

4. Voeg die rys by en meng alles goed deur voordat jy ook die tamatie byroer. Maak die tamatieblik vol water en gooi dit saam met die sout by die potjie. Maak seker die pot prut rustig, sit die deksel op en prut dit vir 25-30 minute tot die rys en hoender deurgaar is.

Ry & Sleep sê
As jy gaar hoender wil hê met rys wat lekker al dente is, is dit belangrik om die hoender en groente lekker te braai sodat dit meer as halfgaar is wanneer jy die rys byvoeg.
Word deel van die Weg-wêreld

Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal  WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook