Ons het ’n puttanesca-sous gebruik maar jy kan enige sous met ’n tamatiebasis soos arrabiata of napolitana inspan.   

Vir 4 | Voorbereityd 10 minute

Jy benodig 

• 4 lamskenkels

• 1-2 koppies vleisaftreksel

• 1 koppie rooiwyn

• 1 bottel (350 g) pastasous

• ½ ui, fyngekap

• 1 groot wortel, fyngekap

• 2 knoffelhuisies, fyngekap

Só maak jy

1. Plaas al die bestanddele saam in die prut- of swartpot.

2. In ’n prutpot (slowcooker): Kook jy dit op laag vir 8 ure of hoog vir 4 ure.

Oor louwarm kole: Vir 4 ure.

In die oond: Teen 150°C vir 4 ure, of teen 100 °C vir 8 ure.

3. Sit voor met bros aartappelwiggies of rys.