Maak 1 baie groot tert | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 75 minute

Jy benodig 

• 3 koppies suiker 

• 9 eiers, geskei 

• 6 eetlepels botter, gesmelt 

• 3 koppies meel 

• 3 teelepels bakpoeier 

• 12 koppies melk 

• 3 teelepels vanieljegeursel 

• ’n knippie kaneel

Só maak jy 

1. Klits die suiker en eiergele saam en klits dan die botter by. 

2. Meng die meel met die bakpoeier en meng dit ook by die beslag in. Roer die melk en vanielje by. 

3. Klits die eierwitte baie styf en vou dit liggies deur die mengsel. Skink dit in ’n groot gesmeerde oondbak van 40 x 27 cm en sprinkel die kaneel oor. Bak die tert vir 75 minute teen 150 °C. Laat dit vir ’n halfuur staan voordat jy die tert oornag in die yskas bêre om te stol.