GEBORG: Dis somer en tyd vir lekker kuiers om die Weber-ketelbraai. Hier is ’n resep vir burgers met ’n kinkel. Dis een van 200 lekker resepte wat vandeesmaand in ’n puik nuwe boek, Weber Classics – the Ultimate Braai Book by Penguin Random House SA verskyn het.

Kaasburgers met mango-rissie-salsa

Genoeg vir 4 porsies | Voorbereidingstyd: 20 minute | Staantyd: 30 tot 60 minute | Braaityd: 8 tot 10 minute

Bestanddele

Vir die PATTIES

800 gram beesmaalvleis
 ½ teelepel knoffelvlokkies 
½ teelepel growwe seesout 
½ teelepel varsgemaalde swartpeper

Vir die SALSA 

1 groot mango, in blokkies van 1 tot 1,5 cm gesny (sowat ’n koppie) 
2 eetlepels vars koljanderblare, grof gekap 
1 eetlepel vars lemmetjiesap 
1 medium serranorissie, sade verwyder en fyn gekap 
¼ teelepel growwe seesout

Vir die BURGERS 

4 dun skywe kaas 
4 hamburgerrolletjies 
Dijon-mosterd

Metode

1. Meng die bestanddele vir die patties. Moenie die mengsel saampers nie – hou dit krummelrig. Maak jou hande nat en vorm vier patties wat min of meer ewe groot en sowat 2 cm dik is. Moenie die vleis te veel saamdruk nie, dit sal die patties taai maak. Gebruik jou duim of die agterkant van ’n eetlepel om ’n duikie in die middel van elke pattie te maak. Dit sal die pattie eweredig laat braai en voorkom dat dit op die rooster oppof.

2. Neem ’n niemetaalbak en meng die bestanddele vir die salsa. Roer dit liggies deur en sit dit in die yskas vir 30 tot 60 minute. (Ná ’n uur sal die vrugte pap word.)

3. Berei die Weber voor om die patties oor direkte hitte van 200°–260°C te braai.

4. Braai die patties tot mediumgaar oor mediumhoë hitte met die deksel op die ketel. Draai dit een keer om as die patties loskom van die rooister. In die laaste minuut wat die patties op die rooster is, plaas ’n kaasskyf op elke pattie sodat dit kan smelt. Rooster die broodrolletjies (gesig na onder) op die rooster.

5. Smeer die een helfte van elke broodrolletjie met Dijon-mosterd.

6. Sit ’n skep van die salsamengsel op elke pattie en sit die hamburgers warm voor. 

Hierdie is een van 200 splinternuwe Weber-resepte in die nuwe boek van Penguin Random House SA, Weber Classics – the Ultimate Braai Book.
Dink net: Jy kan in die somer élke aand ’n nuwe resep vir jou Weber-ketelbraai beproef. 

Weber Classics is deur Jamie Purviance (’n Weber-ghoeroe) saamgestel en bevat 336 bladsye met altesaam 200 resepte en 400 volkleurfoto’s. 
Die boek is slim ingedeel in afdelings vir voorgeregte, rooivleis, vark, pluimvee, seekos, groente en bykosse, nageregte, vryfmengsels, marinades en souse. 
Maak jou woonwa in die woonwapark by Harties staan en laat jou gesin se oë rek met dieppanpizza, garnale wat in spek toegewikkel is, roerbraaie en groente-bygeregte. (As dit te eksoties klink, is daar ook lekker resepte vir steak en hoender.)

Jamie Purviance was die topstudent aan die Kulinêre Instituut van Amerika en is ’n gesoute Weber-braaier. Van sy vorige boek, die Weber Braai Bybel, is meer as 30 000 eksemplare in Suid-Afrika en meer as 2,5 miljoen in die wêreld verkoop. Hy kén ’n ketelbraai. 

Teen R330 is dit ’n resepteboek wat jy as ’n geskenk-idee in jou agterkop kan hou vir die braaibetotteldes. 

Prys: R330

Nou beskikbaar!

www.penguinrandomhouse.co.za