Bestanddele
- 500 g hoenderlewer, skoongemaak en in blokkies gesny
- 60 ml klaarbereide pregosous
- 1 klein ui, fyngekap
- 6 stukke netvet, 15 x 15 cm
Metode
Jy ken waarskynlik tradisionele skilpadjies – skaaplewer toegedraai in netvet. Kekkelpadjies is klaarbereide hoenderfilette gedokter met speserye en toegedraai in netvet – dis ’n ryk happie! Ek maak my kekkelpadjies met hoenderlewer en ’n sterk pregosousie.
1. Meng die lewer, pregosous en ui saam.
2. Sprei die blokke netvet oop en skep lepels vol lewer op die vierkante, rol dit op en steek elke rolletjie vas met ’n sosatiestokkie.
3. Braai die kekkelpadjies stadig oor warm kole totdat die vet bros en uitgebraai en die geurige lewer net-net gaar is.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET