Maak 1 brood | Voorbereityd 15 minute| Baktyd 45 minute 

Jy benodig

• 500 g bruismeel

• 15 ml kerriepoeier

• 5 ml rooipeper

• 2,5 ml sout

• 1 eier, liggies geklits

• 500 ml karringmelk

• ½ rooiui, in skyfies gesny

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Meng die meel, speserye en sout in ’n groot mengbak. Meng die eier by die karringmelk en meng dit dan deur die meel.

2. Smeer ’n broodpannetjie en skraap die mengsel daarin uit. Rangskik die uieskyfies bo-op.

3. Bak dit vir sowat 45 minute of totdat ’n toetspen skoon uitkom. Sit die brood warm voor met botter en braaivleis.