1. Geur die maalvleis na smaak met sout en kruie of, as jy wors gebruik, druk dit uit die derms. Vorm dan klein frikkadelle.

2. Braai die frikkadelletjies in ’n platboompot in olie tot dit oraloor bruin is. Skep dit uit en hou dit eenkant. 

3. Braai die ui in die frikkadelle se vet totdat dit glansend is en voeg dan die res van die bestanddele daarby. Laat dit vir 10-15 minute prut totdat die sous verdik.

4. Skep die frikkadelletjies terug in die pot en prut alles saam tot gaar.

5. Verwyder dit van die hitte en sit dit dadelik voor saam met geroosterde brood.