Vir 8 | Voorbereityd 20 minute plus oornagvriestyd

Jy benodig

• 1 groot karamelrolkoek (of gebruik 5 minirolkoeke)

• 1 l vanieljeroomys

• 150 g donkersjokolade, gekap

• 1 l sjokoladeroomys

• 200 g vars of bevrore bessies (of gebruik ingelegde glanskersies)

• 100 g sjokolade om te smelt

• vars kersies of bessies om voor te sit

Só maak jy

1. Haal die roomys uit die vrieskas omtrent 15-20 minute voordat jy begin. Voer ’n glasmengbak uit met kleefplastiek en laat 15 cm oor die kante van die bak uithang. Sny die karamelrolkoekies in dun skyfies en voer die bak dit met koekvorms van jou keuse.

2. Meng die vanieljeroomys met die gekapte sjokolade en die sjokoladeroomys met die bessies. Skep laag vir laag van die roomys in die uitgevoerde bak. Sit dit oornag in die vrieskas en hou dit daar tot jy reg is om op te skep.

3. Haal die roomyskoek uit die bak wanneer jy dit wil bedien. Trek die kleefplastiek af en versier die koek met gesmelte sjokolade en vars bessies van jou keuse of kersies