Kool met knars en byt

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 2 koppies gesnipperde rooikool
  • 1 wortel, grofgerasper
  • ½ pynappel, in blokkies gesny
  • 1 rooi soetrissie, pitjies uitgeskraap en in blokkies gesny
  • 4 eetlepels klapperskaafsels (of gebruik fyn klapper)
  • 2 eetlepels heelkorrelmosterd
  • 4 eetlepels olyfolie
  • vars suurlemoensap na smaak
  • sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

1. Meng al die bestanddele saam, proe en geur dit na smaak. Hou dit in die yskas tot jy dit nodig kry.

Weg Ry & Sleep sê
Jy kan die klapper ook met grondboontjies vervang indien jy dit verkies.