’n Taai hap

Jy benodig

(maak ongeveer 24 frikadelle)

  • 350 g maalvleis
  • ½ klein ui, fyngekap
  • 1 klein brandrissie, ontpit en fyngekap
  • 1 stuk vars gemmer van 2 cm geskil en fyngerasper
  • ’n knippie elk sout, fyn koljander en fyn komyn
  • ½ koppie droë broodkrummels
  • 1 eier
  • 2 eetlepels olie
  • 2 eetlepels char sui (of enige BBQ-sous van jou keuse)
  • 1 teelepel sesamsaad

Só maak jy

1. Meng die maalvleis, ui, brandrissie, gemmer, speserye, broodkrummels en eier saam en vorm dan hapgrootte frikkadelletjies met die mengsel. Maak jou hande nat, dan sukkel jy nie met vleis wat aan jou hande vassit nie.

2. Verhit die olie in ’n gietyster- pan oor die kole en braai die frikkadelle tot dit oraloor mooi goudbruin is.

3. Verf die braaisous oor en braai dit versigtig vir nog ’n paar minute tot geurig en taai. Hou die hitte matig, want die sous kan maklik aanbrand.

4. Sprinkel die sesamsaad oor die frikkadelle en lê weg!

Ry & Sleep sê
Vars koljanderblare is ook heerlik in die mengsel – probeer dit gerus.