Jy benodig 

• 12 repies spek
• 6 knoffelhuisies, fyngekap
• 3 eetlepels botter
• 125 g gegeurde roomkaas
• 6 rolletjies
• 6 roosmarynstokkies of ander kruie van jou keuse

Só maak jy

1. Só braai jy die spek bros: Smeer ’n koue pan met ’n leksel olie en pak die spek in ’n enkellaag daarin. Plaas nou die pan op die stoof en verhit tot warm. Draai die spekrepies om sodra die vetjies uitgebraai en die onderkant mooi bruin is. Braai die anderkant ook en tel dit dan uit op kombuispapier. 
2. Meng die knoffel, botter en roomkaas saam. Sny ’n diep kruis bo in elke rolletjie en verdeel die roomkaas tussen die rolletjies. Maak seker dat dit behoorlik ingesmeer word. Druk 2 repies spek en ’n kruiestokkie in die elke kruis en rol die 6 rolletjies saam in ’n vel foelie toe. 
3. Braai die foeliepakkie vir 15 minute oor matige kole tot goudbruin.