Vir 4

Voorbereityd 5 minute

Gaarmaaktyd 15 minute



Jy benodig

• 100 g botter

• 150 g vermicelli (of enige ander baie dun spaghetti)

• 2 kaneelstokkies (of fyn kaneel na smaak)

• 10 kardemompeule

• 2 wonderpeperkorrels

• 1-2 l melk

• ½ blikkie kondensmelk

• amandels om bo-oor te sprinkel

Só maak jy

1 Smelt die botter in ’n groterige pot en braai die pasta, kaneel, kardemompeule en wonderpeper oor ’n redelike hoë hitte daarin totdat die pasta begin verkleur.

2 Roer die melk daarby (begin met 1 l) en laat dit oor matige hitte prut totdat dit begin verdik – ongeveer 10 minute.

3 Roer die kondensmelk deur en laat die mengsel prut totdat dit dik is. Proe en voeg nog kondensmelk of melk by as jy van ’n meer loperige gereg hou. Verwyder die speserye voordat jy opskep. Sprinkel die neute bo-oor en bedien dit met ekstra kondensmelk.