Vir 6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 10 minute

Jy benodig

  • 4 heel vars groenmielies
  • 1 groen soetrissie, gekap
  • 1 brandrissie, fyngekap
  • 2 vars lemmetjies of 1 suurlemoen se sap
  • 2 takkies vars mentblare, gekap
  • 5 eetlepels olyfolie
  • 2 wiele fetakaas, gekrummel
  • 1 koppie pekanneute of amandels

Só maak jy

1. Maak die mielies een-een in ’n bak staan en sny die pitte met ’n skerp messie van die stronk af. Sorg dat jy ook die vars mieliesap vang.

2. Meng al die bestanddele behalwe die neute by die mieliepitte in die bak. (Jy kan dit vir twee dae in die yskas bêre indien nodig.)

3. Braai die neute in ’n droe¨ pan tot goudbruin en kap dit dan grof. Sprinkel die neute oor die slaai net voordat jy dit voorsit. 


WENK: As jy nie vars mielies het nie, kan jy ook ontdooide bevrore of geblikte heelpitmielies gebruik.