Dié krummelhoender is só maklik om te maak, jou kind se speelgroepie kan dit baasraak. Behalwe dat dit doeksag is, is dit is heelwat gesonder as die kolonel se resep, omdat dit gebak word.

  1. Meng die karringmelk met al die speserye in ’n bak wat groot genoeg is om die hoenderboudjies te hou.
  2. Voeg die hoender by en vryf dit oraloor met die marinade in. Bedek dit met kleefplastiek en los dit vir ’n halfuur in die yskas (of oornag, as jy tyd het).
  3. Gebruik ’n wynbottel of koekroller en rol die tjips tot fyn krummels.
  4. Rol die boudjies een-een in die krummels en maak seker dis goed bedek. Skud elkeen liggies om van die los krummels ontslae te raak.
  5. Pak die hoender op ’n bakplaat wat goed met Spray & Cook gespuit is (of voer dit uit met bakpapier).
  6. Bak dit teen 200°C vir ongeveer 40 minute of totdat die korsie goudbruin is en die sap van die hoender helder uitloop wanneer jy ’n mes in die dikste deel steek.
  7. Sit dit voor met soet rissiesous of Tabasco (as jy kans sien).