Jy benodig

• 3 eetlepels olie

• 1,5 kg skaapskenkelskywe of potvleis (meer vleis as been)

• 2 uie, gekap

• 5 knoffelhuisies

• 2 brandrissie (of na smaak), gekap

• 2 cm vars gemmer, geskil en gekap

• 1 teelepel elk fyn koljander en komyn

• 750 ml vleisaftreksel

• 1 lang reep lemoenskil

• 12 droëappelkosies

• 4 groot aartappels, in blokke gesny

• 1 groot soetpatat, in blokkies gesny

• 3 wortels, geskil en gekap

• sout en peper na smaak

Só maak jy

1. Vehit die olie in ’n swartpot en braai die lam in sarsies tot oraloor bruin. Skep uit en braai nou die uie stadig tot glansend. Skep die vleis terug in die pot, saam met die knoffel, rissie gemmer en speserye. Voeg die aftreksel en lemoenskil by en laat dit vir sowat ’n uur prut.

2. Roer die appelkosies en groente by, maak seker die pot het genoeg vloeistof om nie aan te brand nie maar ook nie waterig word nie. Laat dit vir nog 1 uur 30 minute – of tot die vleis en groente gaar en sag is – prut. Ek hou daarvan as die soetpatat amper wegkook en die sous verdik. Geur na smaak met sout en peper en sit voor met couscous gemeng met geroosterde amandels en pietersielie.

Word deel van die Weg-wêreld
Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook