Bykosse soos gebraaide eiervrug, platbrode en komkommerslaai komplementeer lam heerlik. 

1. Sit die rib met die vetkant na onder op ’n skoon snyplank en vryf dit oraloor met die asyn, koljander, sout en peper in. Druk die worsvleis uit die derm en sit dit in die lengte van die rib in die middel. Vou nou die rib sorgvuldig oor die worsvulsel en bind dit met toutjies vas om ’n netjiese rol te vorm.

2. Braai die lamsrol vinnig oor warm kole sodat die vleis net eers ’n kleurtjie kan kry. Skuif die rooster dan hoër en braai dit vir nog sowat ’n uur stadig totdat die vleis sag en die vetlagie bros is. (Des te beter as jy ’n rotisseriemandjie het – dis die perfekte manier om só ’n snit te braai omdat jy die vleis nie heeltyd hoef dop te hou nie. Alternatiewelik kan jy die rol ook met min moeite stadig in ’n ketelbraai gaarmaak.)

3. Prik die eiervrugte oraloor met ’n vurk en braai dit ook oor warm kole vir ongeveer 45 minute of tot die vleis sag is (’n paar leksels vlamme sal nie skade doen nie!). Haal die eiervrug van die hitte af en laat dit effens afkoel.

4. Sny die eiervrugte in die lengte middeldeur, skep die vleis uit (wees versigtig sodat die skilhelftes heel bly) en braai dit in ’n bietjie olyfolie saam met die paprika, komyn en kekerertjies tot geurig. Geur dit na smaak met sout en peper en skep dit as ’n vulsel terug in die eiervrugskille of in ’n mooi opskepbak. Dis heerlik saam met die gebraaide lam, opgedollie met ’n skeutjie granaatkonsentraat, vars ment en koljander. En, natuurlik, ’n lekker skeut suurlemoensap.