Foto: Myburgh du Plessis | Kosassistent: Merrill Buckley

Vir 4 | Voorbereityd 15 minute | Kooktyd 3 uur 

Jy benodig

  • 30 ml olyfolie
  • 700 g lamstjops
  • 2 uie, gekap
  • 2 eetlepels sterk kerriepoeier
  • 1 teelepel komynpoeier
  • 1 teelepel koljanderpoeier
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 lourierblare
  • 1 kaneelstokkie
  • 2 eetlepels appelkooskonfyt
  • 1-2 koppies vleisaftreksel
  • 400 g baba-aartappels, gehalveer
  • 2 koppies bevrore ertjies, ontdooi
  • sout, na smaak
  • swartpeper, na smaak

Só maak jy

1. Verhit die olie in ’n swartpot en braai die tjops bruin aan albei kante. Skep dit uit en hou eenkant.

2. Soteer die uie, kerriepoeier, komyn en koljander tot sag.

3. Voeg dan die knoffel, lourierblare, kaneel, appelkooskonfyt en tjops by die pot. Voeg ½ koppie aftreksel daarby, plaas die deksel op, en laat die pot oor baie stadige kole stoom vir 2 uur. Loer nou en dan en voeg nog aftreksel by as dit lyk asof dit gaan droogkook.

4. Voeg dan die aartappels en nog aftreksel by die pot en laat prut nog sowat 20-30 minute totdat die aartappels en die vleis sag is.

5. Roer die ertjies deur die pot, proe, en bedien sodra alles warm en sag is.