Vir: 2 | Voorbereityd: 5 minute | Gaarmaaktyd: 15 minute

Jy het niks meer nodig as jy hierdie sampioensous en lendeskyf (sirloin) saam voorsit nie – dalk net vars brood om die sous mee op te vee.

Jy benodig

VIR DIE VLEIS

• 400g lendeskyf

• sout na smaak

• gemaalde swartpeper na smaak

VIR DIE SOUS

• 50g botter

• 5 tiemietakkies

• 500g bruin- en portabellini- sampioene, gekap

• ½ ui, fyngekap

• 4 eetlepels brandewyn

• ½ koppie room

• 2 eetlepels worcestersous

• 2 eetlepels gekapte pietersielie

 Só maak jy

1. Geur die steak aan albei kante met sout en gemaalde swartpeper. Braai dit oor matige warm kole en laat dit eenkant staan om te rus.

2. Smelt intussen die botter in ’n pan en braai die tiemie en sampioene oor ’n baie hoë hitte daarin tot bruin en sag. Roer die ui en brandewyn deur en roerbraai tot sag en glasig.

3. Roer die room en worcestersous deur en verhit, maar moenie dit laat kook nie. Bedien die warm sous dadelik saam met die steak, met pietersielie bo-oor gesprinkel.