Vir 4-6 | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 15 minute

Jy benodig

  • 500 g linguini (of ander pasta)
  • 4 eetlepels olyfolie
  • 400 g swartmossels, ontdooi
  • 600 g steurgarnale, ontdooi
  • 50 g botter
  • 6 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny
  • 1 koppie kersietamaties
  • sap en gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 3 teelepels droë rissievlokkies
  • ’n hand vol vars kruie soos basilie, grasuie of pietersielie, gekap

Só maak jy

1. Kook die pasta in soutwater volgens die instruksies op die pakkie.

2. Verhit die olyfolie in ’n groot pan oor matige hitte en braai die mossels en steurgarnale vir 5 minute. Voeg dan die botter en knoffel by en braai tot geurig. Roer die kersietamaties deur en verwyder van die hitte.

3. Roer die suurlemoensap en -skil plus die rissievlokkies deur die seekos. Sprinkel die kruie bo-oor.

4. Skep die gaar pasta in die pan en roer dit liggies deur die sous.