Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 1 kg klein patats (minstens 12), goed gewas
  • 2 eetlepels olyfolie
  • ’n stewige knippie maldon-seesout
  • 100 g spekblokkies
  • 2 opgehoopte eetlepels botter
  • 6 vars salieblare (of gebruik ’n knippie droë salie)
  • ¼ koppie pekanneute, grofgekap
  • ’n sopie (25 ml) whisky

Só maak jy

1. Prik die patats ’n paar keer met ’n vurk en vryf hulle oraloor in met die olyfolie en sout. Maak hulle styf toe in foelie met die blink kant na buite.

2. Braai die foeliepakkies op die rooster oor die kole of versigtig direk op die kole. Maak seker hulle bak stadig en kry net die regte hoeveelheid kleur op die wange. Die patats moet ’n bros skilletjie hê, maar nie brand nie.

3. Braai die spek in die botter tot bros. Roer die salieblare, pekanneute en whisky by en meng alles deur.

4. Sny ’n kruisie in elke patat en druk hulle so effens van onder af sodat die sagte vleis oppof. Skep dan van die dekadente botter in en oor elke patat en sit dit dadelik voor.

Ry & Sleep: Met hierdie gereg kan jy self besluit hoe luuks jy die bottervulsel wil maak deur die hoeveelheid spek en neute aan te pas. Selfs net met die whiskybotter is die brosgebakte patats meesterlik.

Word deel van die Weg-wêreld
Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook