Vir 6 | Voorbereityd 5 minute | 25 minute 

Jy benodig

  • 2 eetlepels olie
  • 1 ui, gekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • 500 g maalvleis
  • 1 koppie bevrore gemengde groente
  • 1 fles (400 g) tamatiepastasous
  • 250 g macaroni
  • 1 koppie gerasperde cheddar, plus ekstra om voor te sit
  • vars basilie of ander kruie van jou keuse

Só maak jy

1. Verhit die olie in ’n potjie en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel en maalvleis by en braai dit teen ’n hoë hitte totdat die vleis gaar is.

2. Roer die groente daardeur. Gooi die flessie pastasous by, vul die fles met water en gooi dit ook by. Verhit die mengsel tot kookpunt.

3. Voeg die pasta by en kook dit vir 10-15 minute met die deksel op totdat die pasta gaar is. Roer die kaas by. Sit voor met ekstra kaas en vars basilieblare