Dis glad nie moeilik om paella te maak wat selfs ’n stoere Spanjaard se mond sal laat water nie.


Jy benodig (genoeg vir 6)

• 2 eetlepels olyfolie
• 200 g chorizo, in dun skyfies gesny
• 1 ui, fyngekap
• 2 knoffelhuisies, fyngedruk
• 1 koppie (200 g) witrys
• 1 koppie hoenderaftreksel
• ½ teelepel safraan of borrie
• 1 koppie witwyn
• 1 blikkie (400 g) heel geskilde tamaties
• 500 g stokvis, in blokkies gesny (
• 6 kreefsterte, skoongemaak
• 500 g mossels 
• ’n hand vol vars pietersielie, fyngekap


Só maak jy

1. Verhit die olyfolie in ’n platboompot op die vuur en braai die chorizoskyfies vir sowat 5 minute oor matige tot hoë hitte. (Of gebruik ’n groot kastrol op jou kampstoof.) Skep dit uit en hou dit eenkant.

2. Braai die ui en knoffel vir 5 minute in dieselfde pot tot dit sag is. Voeg dan die rys, hoenderaftreksel, safraan of borrie en witwyn by, geur dit met sout en swartpeper, verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte en laat dit vir 15 minute prut.

3. Voeg die tamaties by en roer dit goed deur. Pak die vis bo-op die rysmengsel, sit die kastrol se deksel op en stoom die kos vir 5-7 minute. Sit nou die kreefsterte en mossels by, stoom dit vir nog 2-3 minute tot al die seekos gaar is, en sprinkel laastens die pietersielie oor.


WegSleep sê: Sit dié paella voor met ’n varsgebakte brood van jou kampvuur af.