Hierdie resep is stokoud, maar dit bly ’n treffer. Kinders peusel graag hieraan en dit kan in die bos as nagereg voorgesit word.


Jy benodig:


*125 g botter

*125 ml kakao

*500 ml suiker

*125 ml melk

*750 ml hawermout

*250 ml rosyne

*250 ml klapper

*knippie sout

*10 ml vanieljegeursel


Maak so:


Een. Kook die botter, kakao en suiker saam in ’n groterige kastrol oor matige hitte. Voeg ’n bietjie van die melk by.

Twee. Voeg die res van die melk en ander bestanddele by en roer goed deur. Dit hoef nie weer te kook nie, maar hou dit warm oor baie lae hitte terwyl jy die koekies uitskep. Indien die beslag koud raak, word dit te hard om uit te skep.

Drie. Skep teelepels vol op ’n gesmeerde skinkbord en laat oornag afkoel. Pak in lugdigte houer.


Wenk: Vir ’n vinnige nagereg kan jy drie koekies fynbreek in ’n bakkie en gekoopte vla oorgooi. Gebruik verskillende geure vla vir afwisseling, bv. vanielje, sjokolade of karamel.