Jy benodig:

• 1 pakkie Moir’s-witsjokolademousse (150 g)
• 250 ml koue langlewevolroommelk
• 4 teelepels sterk kitskoffie
• 200 ml kookwater
• 2 eetlepels Kahlúa-likeur
• 16 Boudoir-vingerkoekies (die grotes)
• 6 blokkies donkersjokolade

Maak so:

1. Bietjie inspanning. Klits die mousse en koue melk totdat die mengsel styf en romerig is. 

2. Dit gee jou vlerke. Meng die kitskoffie met die kookwater en Kahlua en sit eenkant.

3. Lang vingers. Pak 8 van die vingerkoekies onderin ’n bak. Bedruip die koekies met die helfte van die koffie-en-likeur-mengsel. Smeer die helfte van die mousse oor die bedruipte koekies. Pak die res van die koekies op die mousse en bedruip die koekies ook met die koffie-en-likeur-mengsel. Smeer die res van die mousse oor dié tweede laag koekies.

4. Maak mooi. Rasper die sjokolade oor die mousse.