Vir 4 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 10 minute


Jy kan ook die vis met skoongemaakte garnale vervang of selfs ’n kombinasie van die twee gebruik. 

Jy benodig 

• 600 g geelstertfilet, vel en grate verwyder

• 50 ml grondboontjieolie

• 5 stingeluie, gesnipper

• 1 knoffelhuisie, fyngekap

• 1 teelepel komynsaad

• 1 teelepel borrie

• 1 teelepel geelmosterdsaad

• 1 groen brandrissie, fyngekap

• 1 blikkie (410 g) klappermelk

• 1 teelepel bruinsuiker

• 1 suurlemoen se sap en gerasperde skil

• 1 eetlepel vissous

• 1-2 teelepels sojasous

• 1 koppie ertjies

• ’n hand vol gekapte koljanderblare

Só maak jy

1. Sny die vis in redelike groot stukke van sowat 4x4 cm.

2. Verhit die olie in ’n diep pan of potjie en roerbraai die stingeluie, knoffel, komyn, borrie, mosterdsaad en rissie vir slegs 5 minute oor ’n matige hitte tot geurig. 

3. Voeg die vis, klappermelk, bruinsuiker, suurlemoensap en –skil en vissous by en bring dit vinnig tot kookpunt. Sodra dit begin borrel, verwyder die pan dadelik van die hitte, sit sy deksel op, en laat staan die kerrie vir 5 minute eenkant. Dit verseker dat die vis net mooi gaar is, sonder om pap te kook. 

4. Roer die vars koljander deur en sit dit voor met basmatirys. Laat elkeen sy eie porsie na smaak met ’n skeut suurlemoensap, vars rissie en sout geur.