Pitkos

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 6 mielies
  • ¼ koppie romerige mayonnaise
  • ¼ koppie suurroom
  • ’n skeut sriracha of ’n knippie rissiepoeier
  • 1 wiel fetakaas, gekrummel
  • 2 eetlepels gerasperde parmesaankaas lemmetjie- of suurlemoenskyfies om voor te sit

Só maak jy

1. Kook die mielies vir 5 minute in soutwater en dreineer hulle.

2. Meng die mayonnaise, suurroom en sriracha in ’n bakkie saam en meng die feta en parmesaankaas in ’n derde bakkie. Nou kan jy braai.

3. Braai die mielies oor warm kole sodat die pitte hier en daar ’n skroeimerke kry.

4. Verf van die mayonnaisemengsel oor die warm mielies en sprinkel kaas oor. Rol dit sodat die kaas oraloor vassit en bedien met die lemmetjie- of suurlemoenskyfies sodat elkeen self sap kan oordrup.

Ry & Sleep sê
Verhit die lemmetjie- of suurlemoenhalwes vinnig oor die kole sodat die sap makliker uitgedruk kan word.