Hierdie slaai is my standaard-“Tupperware”-maaltyd. Ek neem die avokado heel saam en rangskik dit oor die slaai net voor bediening. Die res kan alles gemeng word sodra die hoender afgekoel het. 

1. Plaas die hoender, paprika, srirachasous en die helfte van die olyfolie en 1 suurlemoen se sap in ’n mengbak. Marineer die hoender vir 30 minute.

2. Verhit ’n braaipan met 5 ml olyfolie en braai die gemarineerde hoenderrepies met die mieliepitte en soetrissie vir ongeveer 8 minute tot goudbruin en gaar. Geur na smaak met sout en swartpeper.

3. Meng die tamatie en rooiui saam. Rangskik die hoender, tamatie-en-ui-sambal, swartbone, avokado en kruie in ’n bak. Gooi die oorblywende olyfolie, suurlemoesap en gerasperde skil oor die slaai. Garneer met pampoenpitte en ekstra srirachasous