Maak 25 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 10 minute


Hierdie smaaklike poffertjies is gevul met worsies en kaas… wat meer wil ’n mens hê?


Jy benodig

• 1 koppie (120 g) bruismeel
• 1 eier
• ½ koppie karringmelk of amazi
• ’n knippie sout
• 2 eetlepels pietersielie of koljander, gekap
• 100 g chorizo- of salami, afgeskil en in blokkies gesny
• 1 wiel fetakaas, gekrummel
• 1 blikkie (410 g) heelpitmielies
• ’n knippie gemaalde swartpeper
• ¼-½ teelepel rooipeper
• sonneblomolie vir vlakbraai


Só maak jy


1. Gooi al die bestanddele bymekaar en roer dit goed deur.

2. Verhit ’n dun lagie olie in ’n pot. Die olie is eers reg as ’n lepel van die beslag dadelik begin dryf sodra jy dit in die olie skep. Skep lepels vol van die beslag op ’n keer in die kokende olie en skep die poffers uit sodra dit goudbruin en gaar is. Breek een poffer oop en om seker te maak dis gaar. Dit neem sowat 5 minute per poffer. As die poffer té bruin raak voor dit gaar is aan die binnekant, is die olie te warm. Dreineer dit op kombuispapier.

3. Sit dit dadelik voor met soetrissiesous of suurroom.


WENK: Jy kan die wors met gaar spekstukkies vervang en die feta met ’n ander soort gerasperde kaas. Geur die mengsel met pikantrissie wat jy fynkap.