Skep vir jou skulpies

Jy benodig  

  • 1,5 kg vars swartmossels, skoongemaak, maar nog in die skulp  
  • 1 koppie witwyn
  • 8 knoffelhuisies, geskil en fyngedruk
  • 2 eetlepels vars pietersielie, fyngekap
  • ½ koppie goeie wit- of balsemiekasyn
  • 1 teelepel paprika of ’n skeutjie rissiesous
  • gerasperde skil van 1 suurlemoen

Só maak jy 

1 Kook die mossels vir 5 minute in die wyn. Gooi dan dié wat nie oopgegaan het nie weg.

2 Voeg die knoffel en pietersielie by en kook dit vir nog 3-5 minute totdat die geure gemeng het.

3 Verwyder die pot van die hitte, skep die mossels (skulpe en al) met ’n gaatjieslepel uit en hou dit eenkant.

4 Voeg nou die asyn, paprika en suurlemoenskil by die sous, roer dit goed deur, pak die mossels terug in die pot en laat dit net so marineer vir 2 uur.

5 Bedien dit koud óf warm saam met beskuitjies of ’n ligte slaai.


Weg Ry & Sleep sê Gee die gereg nóg meer lyf en sit dit voor met pasta of op ’n sny varsgebakte brood.