En vir Weg is dié feestelikheid ’n saak van erns. Daarom bring ons hulde aan melktertbaksters (én bakkers!) landwyd. Ons sê dankie aan elkeen wat gereeld ’n voorskoot vasknoop en dié lekkerte voorsit.

Hier is vier baksters se resepte... op die proef gestel deur die redaksie. 

Klik op die skakels vir die volledige resepte.

Tannie Melktert se resep


Nita se melktert


Jane se korslose melktert 


Martjie se resep vir 'n outydse melktert

Martjie se resep
Bak melktert soos 'n meester

Melktertwenke

- Maak seker die botter is yskoud wanneer jy die skilferkors maak. Laat die deeg ook goed koud word tussen rolbeurte.

- Moenie die deeg rek wanneer jy die tertpanne uitvoer nie – dit laat die deeg krimp wanneer dit bak. Laat dit eerder mooi in die tertpan insink.

- Sny die deeg met ’n oorhang van sowat ’n sentimeter oor die pan se rand af – sodoende bly daar steeds ’n groot genoeg “kragie” deeg rondom die tert uitsteek indien dit wel in die oond gekrimp het.

- Roer die melktertvulsel aanhoudend terwyl dit kook, om klontjies te voorkom. Dit werk ook goed om eers ’n paar skeppies van die warm melk by die eiermengsel in te roer voordat jy dié by die res van die melk inmeng – dit keer dat jy met roereiers sit!

- Pasop vir ’n te swaar hand met enige geursel. Die vulsel moet ’n soet, melkerige vla met ’n baie subtiele vanieljegeur wees.

- Bak die melktert vir die eerste 10 minute in ’n vuurwarm oond en draai dan die hitte laer.