Vir: I tert

Jy benodig

• 1 lepel Ladismith-botter of klapperolie

• ½ koppie xylitol

• 2 ekstra-groot eiers, die wit en geel geskei

• ½ koppie glutenvrye koekmeel

• ½ teelepel bakpoeier

• ’n knippie sout

• 2 koppies melk

• ½ teelepel vanieljegeursel of die sade van een vanieljepeul

• ’n knippie kaneel

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180°C.

2. Meng die Ladismith-botter, xylitol en eiergeel saam.

3. Voeg die meel, bakpoeier, sout, melk en vanielje saam en meng goed.

4. Klits die eierwit deeglik totdat stywe punte vorm en vou dit by die mengsel in.

5. Smeer ’n ronde oondvaste bak of tertpan met botter, en gooi die mengsel daarin. Sprinkel kaneel bo-oor en bak vir 30 tot 40 minute, of tot dit gestol het. 6 Haal dit uit die oond uit en laat dit afkoel. Die melktert moet heeltemal styf wees. Sny en bedien!

DEEL JOU MELKTERTFOTO'S EN WEN!

Vanjaar kan jy danksy Ladismith groot pryse wen met jou melktertfoto’s.

1. Kry ’n melktert in die hande tussen 1 en 28 Februarie 2019!

2. Neem ’n foto. Plaas die foto op jou Facebook-blad of Instagram-profiel en merk dit #mymelktert2019 en #ladismith

3. Eet (die res van) die melktert.

Wat kan jy wen? Eerste prys: ’n Weeklange vakansie langs die Wildekus ter waarde van R20 000! 

Lees meer hier.