Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 10 minute

Jy benodig

  • 250 g hoenderwors (of wors van jou keuse)
  • 2 eetlepels olie
  • 1 koppie salsa, geblikte braaismoor of gebakte
  • bone in tamatiesous
  • ’n pak nachos of Dorito-skyfies
  • ½ ui, fyngekap
  • 2 koppies blaarslaai, versnipper
  • 2 tamaties, in blokkies gesny
  • 2 groot hande vol mozzarellakaas, gerasper
  • ongegeurde jogurt

Sò maak jy

1. Druk die vleis uit die worsderm en braai dit vinnig in ’n bietjie olie in ’n pan. Sodra dit gaar is, kan jy die salsa, smoor of bone byvoeg en die pan van die hitte verwyder.

2. Pak intussen die ander bestanddele almal in aparte bakkies op die tafel uit en breek die nachos in kleiner stukkies deur ’n wynbottel heen en weer oor die pakkie te rol. Die kinders kan elkeen sy eie kombinasie van bestanddele in ’n blikbeker skep, saam met ’n bietjie maalvleis en ekstra kaas bo-op.