Dié teetydtreffer hou sy lyf poeding as jy roomys of Griekse jogurt bysit. 

1. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Smeer ’n muffinpan (met ses groot holtes) met botter of spuit dit met kleefwerende sproei.

2. Sit ’n pynappelring in elke holte van die muffinpan.

3. Klits die eiers, suiker, olie en jogurt saam tot glad. Roer die wortel, neute en gemmer by tot alles goed gemeng is. Voeg die bruismeel en sout by, maar moenie die beslag te veel roer nie. Skep die beslag bo-op die pynappelringe in die muffinpan en vul die holtes tot driekwart.

4. Bak die muffins vir 35-40 minute of tot goudbruin en gaar. As jy ’n mespunt in die middel van ’n muffin druk en dit kom skoon uit, is die muffin gaar. Laat die muffins effens afkoel in die pan voordat jy hulle versigtig uitkeer. As die pynappelringe van die muffins afglip, druk hulle net weer in plek. 

WENK
Vir ’n stroperige nagereg: Steek die muffins met ’n vurk vol gaatjies voor jy hulle uitkeer. Skep lepels vol pynappelstroop oor elke muffin en laat dit intrek.