Vir 4 | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 15 minute

Jy benodig 

• ¼ koppie sojasous
• 1 eetlepel srirachasous
• 2 eetlepels heuning
• 3 knoffelhuisies, fyngerasper
• 2 cm vars gemmer, gerasper
• 600-800 g biefstuk (kruis- of lendestuk), in repies gesny
• gemaalde swartpeper, na smaak
• 2 eetlepels sesamsaadolie
• 2 rooi soetrissies, in repies gesny
• 150 g mangetout-ertjies
• ’n hand vol basilieblare
• 3 stingeluie, gekap

Só maak jy

1. Meng die sojasous, srirachasous, heuning, knoffel en gemmer en hou dit eenkant.

2. Geur die vleisrepies na smaak met gemaalde swartpeper.

3. Verhit een eetlepel sesamsaadolie in ’n pan tot baie warm. Roerbraai die vleis vir ongeveer 3 minute tot bruin gebraai maar nog pienk aan die binnekant. Skep die vleis op ’n bord uit en hou eenkant.

4. Voeg die oorblywende sesamolie by die pan, roerbraai die soetrissie en mangetout vir sowat 5 minute. Hou die hitte hoog, roer die sous by die groente in en laat dit vir ’n paar minute vinnig prut. Roer die vleis, enige sappe en die stingeluie deur die groente en verwyder die pan van die hitte. Sprinkel die basilieblare bo-oor.