Vir 4-6

Voorbereityd 20 minute, plus 30 minute marineertyd

Gaarmaaktyd sowat 10 minute

Jy benodig

  • 500 g ontbeende varkskouer of nekvleis, in 2 cm-blokkies
  • sesamolie
  • 1 of 2 klein koppies blaarslaai, in blare gebreek
  • 1 klein komkommer, in blokkies of skyfies gesny
  • ½ koppie mungboontjiespriete
  • 200 g ertjiepeule, dun gesny
  • ’n hand vol mentblare en ekstra lemmetjiesap na smaak
  • sowat 100 g rysvermicelli

Vir die marinade

  • 3 sprietuie, gekap
  • 1 klein ui, met ’n staafmenger verpulp
  • 1 eetlepel vissous
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 eetlepel bruinsuiker
  • 1 eetlepel laesodiumsojasous
  • 2 teelepels oestersous
  • ’n knippie sout en peper

Vir die noedelslaaisous

  • 1 lemmetjie se sap (of sowat 30 ml suurlemoensap)
  • 2 eetlepels vissous
  • 2 eetlepels laesodiumsojasous
  • 2 eetlepels sesamolie
  • 1 rooi brandrissie, gekap (of na smaak)
  • ½ koppie mentblaartjies, geskeur

Só maak jy

1 Meng al die marinadebestanddele saam, roer die varkblokkies by en laat staan sowat 30 minute tot 1 uur.

2 Klits intussen die noedelsous se bestanddele bymekaar. Kook die rysvermicelli volgens die aanwysings op die pakkie, dreineer en meng die sous daardeur.

3 Verhit ’n gietysterpan tot lekker warm en braai die gemarineerde varkblokkies in ’n skeutjie sesam-olie tot oraloor goudbruin en gekaramelliseer. Reguleer die hitte sodat die vleis nie brand voordat dit deurgaar is nie.

4 Vou nou ’n paar skeppies vark saam met ’n hopie noedels en van die komkommer, spriete, ertjies en ment in ’n slaaiblaar toe en eet dit soos ’n wrap. As jy wil, kan jy ook alles saammeng vir ’n slaai.

Wenk Die gemarineerde vark is ook heerlik op kort sosatiestokkies geryg en oor die kole gebraai.