Foto: Myburgh du Plessis | Kosassistent: Merrill Buckley

Vir 4 | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 3 uur

Jy benodig

  • 1 kg beesskenkels, in ringe gesny
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 ui, gekap
  • 1 selderystingel, fyngekap
  • 2 wortels, in ringetjies gesny
  • 1 brandrissie, gekap
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • ½ koppie witwyn
  • 1 koppie beesvleisaftreksel
  • 1 blik (400 g) gekapte tamaties
  • 1 sakkie (50 ml) tamatiepasta
  • 4 eetlepels worcestersous
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 blik (410 g) botterbone, gedreineer
  • sout en swartpeper na smaak
  • ½ koppie vars pietersielie, fyngekap
  • 1 knoffelhuisie, fyngerasper
  • 1 eetlepel gerasperde suurlemoenskil

Só maak jy

1. Verbruin die vleis vinnig in die olyfolie, skep dit uit en hou eenkant.

2. Verlaag die hitte onder die pot en braai die ui, seldery en wortel stadig tot soet en sag – moenie haastig wees met hierdie stap nie.

3. Roer die rissie, knoffel en witwyn daarby. Pak dan die vleis terug in die pot. Bedek met die aftreksel, tamatie, tamatiepasta, worcestersous en suiker. Sit ’n styfpassende deksel op en laat prut oor stadige kole vir 2 uur of totdat die vleis sag is.

4. Roer die bone deur en laat prut vir nog 30 minute. Geur na smaak met sout en swartpeper.

5. Meng laastens die pietersielie, knoffel en suurlemoenskil en sprinkel dit oor die kos net voor jy dit gaan voorsit.