Foto: Dirk Pieters

Vir: 6 | Voorbereityd: 5 minute | Gaarmaaktyd: 40 minute

Jy benodig

  • 2 eetlepels botter
  • 2 groot eiers, geklits
  • 5 koppies volroommelk
  • 1¼ koppie suiker (240g)
  • 1¼ koppie koekmeel (150g)
  • 1 eetlepel bakpoeier

Só maak jy

1. Verhit die oond tot 180 ºC en smeer ’n oondvaste bak (met ’n inhoudsmaat van 2 liter) met botter. 

2. Meng die eiers, melk en suiker. Meng die meel en bakpoeier en gooi die melkmengsel daarby. 

3. Gooi die beslag in die gesmeerde bak en bak dit vir 30 minute. Laat in die oond om af te koel vir 1 uur. Ons eet die poeding gewoonlik warm, maar koud is dit ook lekker – dan smaak dit amper soos ’n korslose melktert.