Hou ’n stukkie brood byderhand om in die romerige sousie te doop. Jy kan enige vis gebruik – ook visfilette – pas net die gaarmaaktyd aan.

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 2 eetlepels botter
  • 1 rooiui of 4 salotte, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1-2 vinkelbolle, in dik skywe gesny
  • 1 klein forel of ander ferm vis
  • 1 koppie room

Só maak jy

1. Smelt die botter in ’n pan en laat sweet die ui, knoffel en vinkel daarin tot die mengsel glansend en amper sag is. Dit moet glad nie bruin braai nie.

2. Sit die vis in die pan, sit die deksel op en braai dit vir 15 minute oor matige hitte of totdat die vis amper gaar is.

3. Gooi die room by, geur die mengsel met sout en swartpeper, en laat dit prut. 4 Haal die pan van die hitte af sodra die vis gaar is. Sit porsies vis voor met kapokaartappel. 

Ry & Sleep sê
Dit neem slegs 5 minute om alles reg te kry vir hierdie heerlike gereg – ’n halfuur later kan die kos op die tafel wees